Sunday, October 9, 2011

Die uittog : Donderdag 6 Oktober 2011

Ek en Aurona is 6 uur op die lughawe .. gelukkig want daar is een of ander opskure probleem met ons kaartjies wat beteken dat ons meer as 'n uur neem net om in te boek. Ons kry Aurona op 'n wonderbaarlike manier in die besigheidslounge in met my Voyager bank kaart - ek dink die SAA tannie by die 'desk' het gesien dit is nie haar kaart nie, maar was nie lus vir 'n scene nie ...

Ons vlug vertrek darem op tyd 21:30 maar ons sit heel agter in die vliegtuig - ry 75. Die vlug is gepak tot in Dakar en dit beteken die eerste 8 uur slaap ek maar min .. selfs die wyn op die lughawe en die op die vliegtuig help nie veel nie - as jou lyf so regop sit wil dit maar net nie saam werk nie.

In Dakar klim 'n klomp passasiers af en ek annekseer die laaste drie sitplekke in die laaste ry .. wat 'n fees - ek slaap 3 ure non-stop voordat ek uit die dode gewek word rondom 11am Vrydag oggend SA tyd .. wie weet watter tyd is dit in die lug op die stadium.

Ek kry darem gewerk vir so 'n paar uur voordat ons 10 am Washington tyd land.

Friday, October 7, 2011

Die reis : Vrydag 7 Oktober 2011

Ons vlug na Houston is 12:28 - daar is gelukkig genoeg tyd om rustig deur al die formaliteite te gaan van tasidentifikasie en doeane ens ens. Om by ons regte hek te kom het ons nodig om terminale te ruil en ons is ongeveer 'n half-uur voordat die vlug veronderstel is om te 'board' alreeds by die hek. My rekenaar se battery is pap en ons moet heel kreatief die verskillende kragbronne aanmekaar las om ons rekenaars se batterye so ver te kry om te laai.

Aurona dink gelukkig aan ons energievlakke en kry vir ons 'n slaai en koffie vir die volgende been van die vlug. Die vlug is op tyd maar is een van die ou klein vliegtuigies (express) wat die normale vlugtyd van 2.5 ure tussen Washington en Houston 3 ure maak.

Ons 'wen nog tyd' en moet weer ons horlosies 'n uur aanskuif. Ons land in Houston vreeslik moeg - al wat ons nou wil he is 'n stort en is bereid om ons erfporsies weg te gee net om skoon te kom. Gelukkig het die 'president lounge' 'n spesiale aanbod van 20 dollar vir toegang - omdat nie een van ons 'bene' van die vlugte besigheidsklas insluit nie betaal ons die geld met 'n glimlag .. nog nooit het 'n stort so goed gevoel nie ..

Natuurlik is ons ook dood tevrede om aan die eetgoed in die lounge te peusel en 'n glasie wyn weg te slaan. Die wyn het my darem so bietjie kalmer gemaak want teen die tyd het ek sulke lang vloeke gegee oor die reisagent ons nie direk geboek het tussen Washington en Seattle nie.

Ongeveer 17:30 Houston tyd klim ons op die vlug na Seattle. Hierdie keer is die vlug gepak en sit ons soos sardientjies met bitter min been spasie - vandat SAL hulle sitplekke minder gemaak het in ekonomie klas vergeet mens hoe min plek daar in sommige vliegtuie is ..

Ons land so 3.5 ure later in Seattle waar ons 55 minute het voor die vlug vertrek na Anchorage. Hierdie keer is die vlug leeg genoeg dat daar vir elkeen van ons 3 sitplekke is .. Ons is so moeg - Aurona maak nie eens die opstyg nie .. ek hou darem so bietjie langer alhoewel ek gedink het om so lank om moontlik wakker te bly .. maar toe ek eers die voordeel van die drie sitplekke langs mekaar gebruik toe slaap ek vir 'n goeie uur soos 'n baba ..

In Anchorage (23:40 geland) is ons ergste vrees toe waar - geen bagasie - dit is nog in Seattle en sal eers die volgende dag afgelewer word. Gelukkig kom haal van ons universiteitsvriende ons en het ons nie nodig om 'n taxi te soek nie .. ek is so moeg teen hierdie tyd .. ons het vandat ons weg is by my huis 'n volle 40 ure gereis met seker so 6 ure slaap in totaal - nou verstaan ek heeltemal hoekom mense gemartel word deur wakker gehou te word. In my beskonke toestand bestel ek kos wat 3am eers afgelewer word - ek en Aurona peusel bietjie aan die groteske 'broodjies' wat so groot is soos 'n hele brood .. die Amerikaners moet ook alles oordoen.

Met vreugde val ons terug in die bed ..

Thursday, October 6, 2011

Anchorage : Saterdag 8 Oktober 2011

Ons slaap soos twee dooies tot ongeveer 9:30 Saterdagoggend ... ons aanvanklike plan is om die dag slegs voor te berei maar toe Aurona hoor van die ouens gaan op 'n uittog na die Portage gletser toe is daar geen keer nie ... ons moet saam.

In retrospek was ek dankbaar - ons vertrek so ongeveer 12 uur en die sonskyn en pragtige skoon lug maak die uittog die moeite werd. Dit is ongeveer 'n uur se ry na die gletser toe maar ons stop gereeld om foto's te neem van die pragtige landskappe langs die pad.

Ons stop by die winkel waar mens kaartjies koop om na die glacier toe te gaan maar ongelukkig is hulle toe. Ons ry toe verder tot by 'n uitkykpunt waar mens darem dele van die gletser kan bekyk.

Portage Gletser is a gletser in die Kenai Peninsula in die Chugach Nasionale woude. Die gletser is aan die suide van die Portage meer, so 6 km (4 mi) wes van Whittier. Portage gletser is 'n lokale naam wat aan die gletser gegee is in 1898 deur Thomas Corwin Mendenhall  en dit is so genoem want dit was 'n poortroete tussen "Prince William Sound' en 'Turnagain Arm'. Dit verbind 5 verskillende gletsers en is ongeveer 23km lank.


Ons begin die terugtog so ongeveer 15:30 .. ek is lekker moeg en vang 'n slapie tydens die terugtog. Ons is net na 5 by die hotel en kry vir John wat pas ingevlieg het van Los Angeles af. Ons ontmoet so 18:30 vir aandete in die hotel se restaurant waar ons die beplanning vir die volgende dag afhandel voordat ons bed toe gaan.




Wednesday, October 5, 2011

Die werkswinkel : Sondag 9 Oktober 2011

Sondagoggend 3 uur word ek wakker van 'n 'commotion' net buite my venster. Daar is 'n nag klub met jong mense wat uitpeuel in die middel van die nag in swembroeke. Blykbaar is dit skuimpartytjies wat hulle hou in die klub en almal is nie so bereid om 3am in die oggend die plek te verlaat nie. Daar is 'n geloei van alarms en so teen ongeveer 3:30 is die spul gekalmeer. Ek sit maar en doen e-mails tot so 5am toe ek 'n laaste uurtjie dut voor ek opstaan om reg te maak vir die dag se aktiwiteite.
Ons eet 7 uur die oggend al ontbyt saam met John .. of laat ek herfraseer - ek en Aurona eet en hy kyk. Blykbaar eet hy net een ete op 'n dag .. die res van die dag leef hy op koffie.

Ons werkswinkel begin 8:30 en dit is toe 'n heel oulike groep. Daar is nie eintlik veel om te raporteer nie behalwe dat ons aangaan tot ongeveer 17:30 en die aand se ontvangsonthaal baie sleg was. Daar was te min kos en die drank was verskriklik duur. Ons gaan eet uit by een van die lokale restaurante en is net na 10 in die bed.

Tuesday, October 4, 2011

Alaska uit die lug: Maandag 10 Oktober 2011

Maandagoggend betaal ons die astronomiese 18 dollar vir 'n ontbyt - moet se dit was darem 'n ordentlike buffetontbyt met eiers en bacon en als wat mens nodig het om die res van die dag uit te hou.

Ons woon praatjies by tot ongeveer 12 uur waar ons die IEEE SMCS Chapter Chair meeting gaan bywoon. Daar is 'n ander vergadering voor ons vergadering aan die gang en een Chinese omie is heel ongeskik met my en jaag my en Aurona omtrent weg en se ons moet weer oor 15 minute terug kom .. ek ruk my gat lelik in 'n krul en se hulle moet nie ons tyd mors nie- as die vergadering vir 12 uur geskeduleer is begin dit 12 uur - ons is almal besige mense met ander afsprake .. Aurona wil haar self doodlag na die tyd vir my en ek kry natuurlik dadelik weer Calvinistiese 'remorse' en voel vreeslik sleg .. maar nou ja, toe die vergadering uiteindelik begin is hulle baie apologeties dat dit langer aangehou het as wat bepland was.

Die middag kry ons 'n vliegtuigrit georganiseer vir 5 van ons oor die gletsers. Die vliegtuigie kan 6 passasiers neem en alhoewel dit beslis meer 'crowded' is as 'n normale vliegtuigrit was dit die 'event' van die week. Die besigheid is so 'n familie besigheid met die tannie wat als organseer met 7 hangende kinders om  haar. Aurona is natuurlik gefassineer deur hierdie nomadiese familie wat jy duidelik kan sien waar waspoeier nie hoog op die lys is van aankope in 'n maand nie ... ek was baie meer gefassineer deur die vliegtuigrit.

Daar is nie woorde om die uur in die lug te beskryf nie - ons vlieg oor verskeie gletsers waar jy die ysformasies van jare en jare kan bewonder. Die sneeupieke, die wit spikkels teen die berge wat bergbokke is .. die weerkaatsing van berge in yskristalskoon water ... ai ..

Die vlieenier ken sy storie en doen moeite om ons op verskeie plekke besonder nader aan die interessante ysformasies te bring .. ongelooflik.

Terug op moeder aarde eet ons sommer goedkoop in 'n kroeg/restaurant naby die hotel en is vroeg vroeg terug in die bed ...