Wednesday, October 5, 2011

Die werkswinkel : Sondag 9 Oktober 2011

Sondagoggend 3 uur word ek wakker van 'n 'commotion' net buite my venster. Daar is 'n nag klub met jong mense wat uitpeuel in die middel van die nag in swembroeke. Blykbaar is dit skuimpartytjies wat hulle hou in die klub en almal is nie so bereid om 3am in die oggend die plek te verlaat nie. Daar is 'n geloei van alarms en so teen ongeveer 3:30 is die spul gekalmeer. Ek sit maar en doen e-mails tot so 5am toe ek 'n laaste uurtjie dut voor ek opstaan om reg te maak vir die dag se aktiwiteite.
Ons eet 7 uur die oggend al ontbyt saam met John .. of laat ek herfraseer - ek en Aurona eet en hy kyk. Blykbaar eet hy net een ete op 'n dag .. die res van die dag leef hy op koffie.

Ons werkswinkel begin 8:30 en dit is toe 'n heel oulike groep. Daar is nie eintlik veel om te raporteer nie behalwe dat ons aangaan tot ongeveer 17:30 en die aand se ontvangsonthaal baie sleg was. Daar was te min kos en die drank was verskriklik duur. Ons gaan eet uit by een van die lokale restaurante en is net na 10 in die bed.

No comments:

Post a Comment