Ek en Aurona is 6 uur op die lughawe .. gelukkig want daar is een of ander opskure probleem met ons kaartjies wat beteken dat ons meer as 'n uur neem net om in te boek. Ons kry Aurona op 'n wonderbaarlike manier in die besigheidslounge in met my Voyager bank kaart - ek dink die SAA tannie by die 'desk' het gesien dit is nie haar kaart nie, maar was nie lus vir 'n scene nie ...
Ons vlug vertrek darem op tyd 21:30 maar ons sit heel agter in die vliegtuig - ry 75. Die vlug is gepak tot in Dakar en dit beteken die eerste 8 uur slaap ek maar min .. selfs die wyn op die lughawe en die op die vliegtuig help nie veel nie - as jou lyf so regop sit wil dit maar net nie saam werk nie.
In Dakar klim 'n klomp passasiers af en ek annekseer die laaste drie sitplekke in die laaste ry .. wat 'n fees - ek slaap 3 ure non-stop voordat ek uit die dode gewek word rondom 11am Vrydag oggend SA tyd .. wie weet watter tyd is dit in die lug op die stadium.
Ek kry darem gewerk vir so 'n paar uur voordat ons 10 am Washington tyd land.
No comments:
Post a Comment