In retrospek was ek dankbaar - ons vertrek so ongeveer 12 uur en die sonskyn en pragtige skoon lug maak die uittog die moeite werd. Dit is ongeveer 'n uur se ry na die gletser toe maar ons stop gereeld om foto's te neem van die pragtige landskappe langs die pad.
Ons stop by die winkel waar mens kaartjies koop om na die glacier toe te gaan maar ongelukkig is hulle toe. Ons ry toe verder tot by 'n uitkykpunt waar mens darem dele van die gletser kan bekyk.
Portage Gletser is a gletser in die Kenai Peninsula in die Chugach Nasionale woude . Die gletser is aan die suide van die Portage meer, so 6 km (4 mi) wes van Whittier . Portage gletser is 'n lokale naam wat aan die gletser gegee is in 1898 deur Thomas Corwin Mendenhall en dit is so genoem want dit was 'n poortroete tussen "Prince William Sound' en 'Turnagain Arm'. Dit verbind 5 verskillende gletsers en is ongeveer 23km lank.
Ons begin die terugtog so ongeveer 15:30 .. ek is lekker moeg en vang 'n slapie tydens die terugtog. Ons is net na 5 by die hotel en kry vir John wat pas ingevlieg het van Los Angeles af. Ons ontmoet so 18:30 vir aandete in die hotel se restaurant waar ons die beplanning vir die volgende dag afhandel voordat ons bed toe gaan.
No comments:
Post a Comment